Agtergrondinligting oor Tailormade Joinery

Tailormade Joinery het reeds in 1972 ontstaan, toe die huidige senior bestuurslede, Peter Gooderson, Rishy Tilsee en Moses Bengu, `n skrynwerkery in Pinetown, KwaZulu-Natal gestig het. Hierdie stabiliteit in bestuur en ervaring vind neerslag in `n kultuur van voortgesette toewyding aan gehalte en innovering.

Die fabriek by Shakaskraal, KZN, bedien sewe onafhanklike maatskappye waar die eienaars se vaardigheidsuitbouing en waardigheid van ware bemagtiging getuig. Al die maatskappye, sowel as Tailormade Joinery self, voldoen aan die graderingsvereistes vir SEB vlak 1.

Ons is verbind tot die nakoming van die Nasionale Bouregulasies, en meer bepaald SANS 1040-XA – Energiedoeltreffendheid en -benutting in die bou-omgewing. Hierdie regulasies het dit ten doel om die vaardigheidsuitbouing van maatskappye te bevorder en sodoende gehalteverbetering in die hand te werk – een van die redes waarom ons die regulasies verwelkom het. Tailormade Joinery is die toonaangewende skrynwerkery wat betref die onderwerping van ons produkte aan die streng SANS 613-toetse vir water- en lugpenetrasie asook weerstabiliteit. Hierdie toetse word deurlopend uitgevoer, en die res van ons produkte sal binnekort ook aan alle nakomingsvereistes voldoen.

Ons het ook ons produkte by die termiese toetslaboratorium deur SAFEIRA laat toets. Die resultate is gebruik om ons produkte vir gesimuleerde energieprestasiegraderings te laat assesseer ten einde U-waardes en ander graderings te verkry wat ingevolge SANS 10400 Part XA vereis word.?Proef-U-waardes word regdeur die produkkatalogus aangedui. Vir elk van die items is daar resultate op +/- 190 tipes glas beskikbaar. Ons het `n totale argief van meer as 40 000 simulasies wat onmiddellik verskaf kan word. Ons het ook `n gids saamgestel om met nakoming te help.

Daar is diegene wat aanvoer dat die regulasies nie afgedwing sal word nie – ons verskil van hierdie mening. Die Departement van Menslike Nedersettings het dit reeds vir hul behuisingsprojekte aanvaar, en die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies word deur die NRVS-wet (5 van 2008) gemagtig om die regulasies af te dwing. Wanneer iets op `n projek verkeerd gaan, sal alle betrokkenes na die Regulasies verwys vir leiding en nakoming. Die gebruik van ons produkte gee u gerusstelling in daardie opsig.

Hierdie is die span wat vir die oorspronklike ingeboude diefwering in die land verantwoordelik was, en ons stel nou weer eens `n innoverende produk bekend – Accoya®-hout. Accoya®-hout is behandelde hout wat 50 jaar lank teen verrotting en insekskade gewaarborg is, sonder dat enige giftige stowwe in die proses gebruik word. Volledige besonderhede oor hierdie uitstekende produk is beskikbaar by www.freedomwood-accoya.

As 'n toegewyde Suid-Afrikaanse maatskappy ondersteun ons ook ons land se diverse tale, en daar is verskeie taalkeuses vir u gerief.

tmj logo

Jonkste Produkopgradering

Tailormade Joinery is tans besig met die opgradering van alle houtprodukte na Accoya®-hout.

Accoya®-hout is die resultaat van meer as 80 jaar se navorsing en ontwikkeling wat `n goed gevestigde en welbewese houtmodifikasietegniek – asetilering – met toonaangewende gepatenteerde tegnologie kombineer om `n toppresterende hout te skep.

Accoya®-hout kan vir bykans enigiets gebruik word – van vensters tot deure, dekplanke tot bekleding, brûe tot bote, en selfs applikasies waarvoor hout tradisioneel nie geskik was nie.

Accoya®-hout is die voorkeurmateriaal vir vensterrame. Dit het nie net buitengewoon lae termiese konduktiwiteit nie, maar is ook meer duursaam en dimensioneel stabieler as die beste tropiese hardehout. Dit kan ondeursigtig afgewerk word of, vir diegene wat die natuurlike voorkoms van hout verkies, deursigtig. Accoya® se minimale instandhoudingsvereistes dra by tot die kostedoeltreffendheid en omgewingsgesindheid daarvan.

Buitedeure en -hortjies moet duursaam en dimensioneel stabiel wees (om te voorkom dat deur moeilik oop- en toemaak in slegte weer), en dit moet maklik wees om in stand te hou. Accoya®-hout voldoen aan hierdie kriteria, en kan vir eenvoudige of komplekse ontwerpe met verskillende afwerkings gebruik word.

Besoek ACCOYA
accoya wood